Raai bietjie hoeveel woorde daar al ooit oor die liefde gesê of geskryf is?
Ek bewonder jou as jy enigsins 'n raaiskoot gewaag het, want dan is jy straks 'n wiskundige genie! Ekself het nie verder as “ontelbaar” gekom nie. Ek meen, soveel as wat daar al oor die liefde geskryf en gesê is, is daar nog net soveel oor om te sê. Trouens, ek dink daar is meer liefde as woorde…
So, laat my in Februarie toe om deur 'n baie rooskleurige bril na die liefde te kyk. Mmmm… Romantiese liefde laat my aan my kinderdae dink en die eerste keer toe ek Aspoestertjie gelees het. (Dis nou voor ekagtergekom het hoe word met klein meisies se koppe gesmokkel.)
In daai dae het ek geglo alles is moontliken al…
