Toe Kay onlangs aankondig sy gaan op 'n welverdiende kort vakansie, was ek bly vir haar, want agter die skerms was die afgelope twee jaar, veral vir haar, besonders rof om net die Kuier-skip te laat aanhou seil ongeag hoe dramaties die wêreld rondom ons verander het. Maar hierdie tydskrif, hierdie handelsmerk is so belangrik vir Kay en almal in die span omdat ons óns mense bedien.
Hierdie is nie nuus vir julle nie, maar dis waaraan ons by Kuier met alle mag vasklou wanneer ons (soos nou) kruip van moegheid, maar 'n tydskrif sal ons lewer.
Maar netso bly as wat ek was dat Kay 'n bietjie kon rus, het ek in koue sweet uitgeslaan toe sy sê ek moet die leisels oorneem terwyl sy op verlof is. Dit…
