Terwyl bykans die ganse mensdom op hul eie of in klein, intieme kringe van ander afgesonder is, verlang ek intens na die drukte en wemeling van ’n skare mense. Die verlange is nie vol fiemies nie, eerder ’n vae newel: Alle herinnerings aan volgepakte teaterouditoriums, sportstadions, lesingsale, vliegtuie of winkels is meteens kosbaar. Ek is lus vir toestromings na strande, krioelende mierneste mense in roomyswinkels, ’n gestamp en gestoot tydens protesoptogte, die geskuifel in ’n styfgepakte kerkbank, die wedywering vir die kroegman se aandag onder ’n trop drinkers wat langs ’n kroegtoonbank saambondel, en norrings kinders wat op speelgronde swetterjoel.
Daarom verdiep ek my in een van die boeiendste beskrywings van skares in die Westerse letterkunde. In al die Evangelies, maar veral in Markus, is die beskrywings van “die menigte…
