Kebby Maphatsoe, een van oudpres. Jacob Zuma se naaste vertrouelinge, het gekeer dat ’n spesiale parlementêre komiteevergadering oor wangedrag deur polisielede in townships verlede week gehou word.
Die vergadering sou plaasvind nadat 38 klagte van beweerde misdrywe in die eerste week van die Covid-19-inperking by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ingedien is.
Ses mense is onder meer in polisieoptrede dood en nog twee in polisieaanhouding.
Klagtes oor polisie-optrede tydens inperking het intussen toegeneem “tot meer as 70”, het Sontaga Seisa, mediawoordvoerder van Opod, Vrydag aan Rapport gesê.
Seisa wou geen ander besonderhede oor die aard van die beweerde misdade bekend maak nie.
Andrew Whitfield, DA-woordvoerder oor polisie, het die voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, Tina Joemat-Pettersson, Maandag gevra om dringend ’n vergadering oor die klagtes te belê.
Dit was nadat…