‘Onkonvensionele’ El Niño bring hoop vir somergrane
Daar is aanduidings dat die huidige El Niño-stelsel nie so sterk gaan wees as wat aanvanklik voorspel is nie. Die moontlikheid bestaan ook dat ’n sogenoemde Modoki El Niño kan ontwikkel, sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Met só ’n weerstelsel ontwikkel warmer seetemperature oor die sentrale deel van die Stille Oseaan, met koeler dele rondom, eerder as nader aan die weskus van Suid-Amerika, vanwaar dit ooswaarts uitbrei. Sulke stelsels veroorsaak ander oorliggende klimaatstelsels, en het in 2009-’10 met redelik goeie reënval oor Suider-Afrika gepaard gegaan.
Groen skanse teen hoë dieselprys
Vir die landbou was die 30c wat aan die begin van die maand by die bestaande brandstofprysverhoging gevoeg is, ’n besonder onaangename verrassing. In somersaaigebiede maak boere reg om te saai,…