12
Dit was Maart die 12de maand agtereenvolgens dat internasionale voedselkommoditeitspryse gedaal het, volgens die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO). Die VLO-voedselprysindeks, wat maandelikse veranderinge in dié kommoditeite volg, het in Maart ’n gemiddelde van 126,9 punte behaal, 2,1% laer as die vorige maand en 20,5% laer as die hoogtepunt in Maart 2022. Intussen beweeg Suid-Afrikaanse kospryse in die teenoorgestelde rigting.
– Joanie Bergh
14,4%
Die voedselprysinflasie was in Maart 14,4%, meer as dubbel die algehele verbruikersprysinflasie (VPI) van 7,1%. Groente se inflasiekoers was 20,5%, brood en grane 20,3%, olies en vette 16%, en melk, eiers en kaas 13,6%. Die enigste voedselgroep waarvan die inflasiekoers laer as die VPI was, was vrugte, teen 5,2%.
Verwerkte kos se inflasiekoers was 16,2% en dié van onverwerkte voedsel 12,6%. Die hele voedselvoorsieningsketting het…