49
Die gemiddelde lewensverwagting vir ’n plaaswerker in Amerika is 49 jaar, teenoor 78 vir die algemene bevolking. Dit is soortgelyk aan die lewensverwagting vir mense in die 1850’s, volgens die blog Beyond Pesticides. Die skrywers wys daarop dat toegewings in regulasies oor plaagdoderveiligheid onder oudpres. Donald Trump en pres. Joe Biden plaaswerkers effektief weerloos laat teen sulke gifstowwe.
– Beyond Pesticides
20%
Graanprodusente in Mato Grosso, Brasilië se grootste graanproduserende deelstaat, gaan na verwagting 20% van sy tweede mielieseisoen buite die ideale planttydgleuf plant, volgens die bedryfsgroep Imea. Die laatseisoen verteenwoordig nagenoeg 75% van Brasilië se algehele mielieproduksie, en word ná die sojaboonoes geplant.
Die laat aanplantings is weens vertragings in die oes van sojabone.
– Reuters
$12,8 miljard
Suid-Afrika se landbou-uitvoer het ’n rekordwaarde van $12,8 miljard (R235,5…