’n Troue, ’N VOORBLAD
Dit was haar jaar. In 2023 wen Liza Aiken SARIE Voorbladgesig en trou in Knysna met Steve Mooney, haar IT-spesialis-kêrel van elf jaar. “Ek wou nooit trou nie, maar die lewe is so kort – dít het die pandemie weer gewys,” sê Liza. Kyk uit vir haar troue in ons nuwe SARIE TROU, vanaf 22 Maart op die rak. Ons deel ook troues van onder andere akteurs Lea Vivier en Armand Aucamp, ons Bruidspaar van die Jaar ’23, Nicole en Ryno Eksteen, en van ’n Wêreldbeker-Bok op ’n wynplaas buite Franschhoek. En as jou troue voorlê, wys SARIE TROU boonop die nuutste rokke, kenners gee wenke en ons praat hare, blomme, parfuum en nog baie meer.
Onsigbaar, maar onvergeetlik, het Coco Chanel oor parfuum gesê. Vir…
