Die regering gebruik die swart ekonomiese bemagtigingskriteria in die uitdeel van hulp aan kleinsakeondernemings wat weens die Covid-19-krisis steier. Vrydag het ’n volbank van die hooggeregshof in Pretoria die regering gelyk gegee in ’n aansoek wat die DA ingedien het om die gebruik van ras as kriterium vir hierdie staatshulp te stuit.
Die hof het die kriteria vir die departement van kleinsakeontwikkeling se Covid-19-hulpverlening tersyde gestel en ongeldig verklaar nie omdat dit ras as maatstaf gebruik nie, maar omdat dit ras nie uitdruklik as maatstaf lys nie, maar slegs geslag, jeugdigheid en gestremdheid. Die minister is opdrag gegee om die kriteria vir hulpverlening te herformuleer sodat dit uitdruklik verwys na “ras, geslag, jeugdigheid en gestremdheid”.
Die staat se doel met hierdie hulp is nie om daardie klein ondernemings te red…