In ’n tyd waar mense swaarkry en doodgaan, wou die Brasiliaanse fotograaf Erika Verginelli nie voortgaan om vrolike plasings van haar kreatiewe werk op sosiale media te maak nie. Vir 30 dae het sy onttrek, huis skoongemaak, kaste reggepak en haar kinders, Emanuella (12) en Giuseppe (10), tuisonderrig gegee.
Toe kon sy nie meer nie. Sy het haar kreatiwiteit en kamera gemis.
“Ek moes net weer aan die werk spring, natuurlik binne die beperkinge van inperking.”
Sy en Paola Sells, die eienaar van Sugar Kids, ’n internasionale kindermodel-agentskap wat in Barcelona gevestig is, kom toe met ’n projek vorendag wat haar toelaat om foto’s te neem sonder om haar huis in São Paulo, Brasilië, te verlaat. Die plan was om met kinders in die VSA, Spanje, Frankryk, Australië, Denemarke, Suid-Korea,…