Een van die land se grootste staatsdiensvakbonde, met 210 000 lede, asook die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) dreig met regstappe om trustees van die staatsdienspensioenfonds te verwyder as hulle Cosatu se voorstel aanvaar om Eskom se skuld met pensioengeld te help delg.
Leon Gilbert, waarnemende hoofsekretaris van die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), en Chris Klopper, hoofsekretaris van die SAOU, wat 37 000 onderwysers as lede het, het Vrydag gesê Eskom kan nie eens die rente op sy skuld betaal nie en dat trustees van die staatsdienspensioenfonds (GEPF) wat Cosatu se voorstel steun, hul wetlike plig sal versaak om die belange van die fonds en sy lede te dien as hulle werkers se aftreegeld in Eskom sou stort.
Albei vakbonde is geaffilieer by Fedusa, wat gister in Johannesburg ’n noodvergadering gehou het…