Suid-Afrika is ten beste ondankbaar vir Amerikaanse vriendskap, en soms openlik vyandig.
Ons moet hieroor besin.
Dit is lankal bekend dat die ANC nader voel aan Teheran en Harare as aan Washington, al is Amerika ekonomies gesproke ’n sleutel-bondgenoot, en al is die VSA steeds verreweg en ondanks Donald Trump die wêreld se mees robuuste, nastrewenswaardige demokrasie.
Nikki Haley, ’n voormalige Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, het in 2018 al gesê Amerika sou hulp beeindig aan lande wat die VSA vyandiggesind is, en bygevoeg Suid-Afrika is een van die tien lande wat die meeste teen Amerika stem in VN-resolusies, saam met klepto-piesangrepublieke soos Zimbabwe, Burundi, Iran, Sirië, Venezuela, Noord-Korea en Kuba.
Intussen het ’n Suid-Afrikaanse diplomaat selfs aangebied om Venezuela, waar mense uit asblikke eet en opposisiefigure geëlimineer word,…