Statistieke Suid-Afrika (SSA), wie se vermoë om betroubare data in te samel en te publiseer die grondslag is van die moderne ekonomie, stuur op “vernietiging” af, waarsku Pali Lehohla, wat tussen 2000 en 2017 statistikus-generaal was.
Weens ’n enorme geldtekort is altesame 19,5% (685) van SSA se 3 511 poste al sedert Oktober 2016 vakant, kan Rapport vandag onthul.
Onder die poste wat nie gevul is nie, tel meer as 170 sleutelbestuursposte. In altesame 26 sleutelposte is amptenare op ’n waarnemende grondslag aangestel. Hieronder tel vyf van die agt adjunk-direkteurs-generaal (ADG’s) asook die hoofbedryfsbeampte.
Só nypend is die geldtekort – SSA het in die 2018-’19-boekjaar sy begroting van R2,27 miljard met sowat R39 miljoen oorskry – dat ’n kernbelangrike opname oor armoede, die Opname oor Uitgawes en Inkomste, verlede jaar…