Oomblikke nadat rowers personeel van ’n avontuurplaas gerusgestel het dat hulle nie daar is om enigiemand seer te maak nie, maar “ ’n werk te doen” is die ervare rotsklimmer David Wade trompop doodgeskiet.
Wade het verlede Saterdagnag uit sy en sy vrou, Landi, se tent geklouter nadat ’n geluid hulle wakker gemaak het. Toe loop hy hom in rowers vas en word doodgeskiet.
Die Tranquilitas Adventure Farm in die Drakensberge in Mpumalanga was vir David en Landi, albei ervare rotsklimmers, byna ’n tweede huis. Die egpaar, wat 17 maande getroud was, was minstens elke tweede naweek daar om te gaan rotsklim. Hulle het in Benoni aan die Oos-Rand gewoon.
Op die moordaand was die Tranquilitasbestuurder, Piet Ntswane (45), skaars twee minute terug by sy huis nadat veiligheidswagte hom om…