“DIT gaan nie daaroor om ondoeltreffendheid te beskerm of markkragte te weerstaan nie, maar om strukturele mislukkings, wat lewensvatbare produsente uitdwing, reg te stel,” sê dr. Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Graan Suid-Afrika (GSA). “As dié produsente verdwyn, erf Suid-Afrika ’n langtermynvoedselsekerheidsrisiko wat nie oornag opgelos kan word nie.”
Verminderde plaaslike produksie verhoog invoerafhanklikheid, ondermyn landelike ekonomieë en stel verbruikers bloot aan groter wêreldwye prys-en-aanbodwisselvalligheid. Koringboere het op GSA se streekvergaderings gewaarsku dat sodra die koringkapasiteit verlore gaan, sal produktiewe grond, vaardighede en infrastruktuur nie maklik herstel kan word nie.
Dít is nodig:
■ ’n Volledig responsiewe, geoutomatiseerde invoertariefstelsel wat intyds funksioneer, marktoestande weerspieël en op ’n relevante basisverwysingsprys gegrond is.
■ Duidelike ingryping by die tydsberekening van koringinvoer, veral tydens plaaslike strooptydgleuwe; gerigte kosteverligtingsmaatreëls, insluitend ingrypings by logistiek en…