ONS GESELS MET ...
Dr. Tracy Davids is die uitvoedirekteur van die buro vir voedsel- en landbou-beleid (BFAP). Sy het haar in 2012 as nagraadse student aan die Universiteit van Pretoria by die BFAP-span aangesluit.
DR. TRACY DAVIDS sê die vooruitskouingsverslag groei elke jaar namate meer navorsing op die vasteland gedoen word. “Terwyl die span gegroei het, het dit ook meer multidissiplinêr geraak, en ek dink BFAP se produkte weerspieël dit. Aanvanklik was ons hoofsaaklik ’n span landbou-ekonome, maar nou is onder andere bedryfsingenieurs, datawetenskaplikes, statistici, wiskundiges, voedselwetenskaplikes en ander kundiges ook betrokke.”
Hoe het jy betrokke geraak? Het jy ’n landbou-agtergrond?
Ek het nie op ’n plaas grootgeword nie, maar het altyd ’n liefde vir die buitelewe en die landbou gehad. Ek wou in daardie rigting studeer, maar was onseker…
