Grawe dieper na antwoorde
Die negende Wêreldkongres oor bewaringslandbou is met ’n praktiese dag op die Langgewens-navorsingsplaas buite Moorreesburg afgesluit. ’n Gewilde besoekpunt was ’n profielgat en dr. Cathy Clarke, dosent in grondkunde aan die Universiteit Stellenbosch, se verduideliking van hoe grond in die Swartland gevorm is. Hoewel die grond uniek is, is dit ongelukkig nie goeie grond nie. “Met ’n jaarlikse reënval van net meer as 300 mm sou enige grondkundige verwag daar sou karbonate in die grond wees, maar daar is niks.” Om dit te verstaan, moet jy die gebied se geomorfologiese geskiedenis ken. “Dié landskap is ongelooflik oud. Hier was nie gletseraksie soos in die Noordelike Halfrond nie. Toe Gondwanaland opgebreek het, het ons ’n reuse-erosiesiklus gehad en die grond het net gevrot. Daar was nie verjonging…