Haar 19-jarige kleindogter se leefstyl en besluite laat Sharon* (68) van Kaapstad omtrent kopkrap. Michaela* het in 2024 gematrikuleer en die grootste deel van 2025 meestal met haar vriende uitgehang. Sy't hier en daar korttermynkontrakwerk gekry, maar niks stewigs nie. “Sy werk vir 'n paar weke op 'n slag, dan droog die werk op, en uiteindelik word sy teruggeroep,” vertel Sharon.
Betaaldag het sy eie patroon: Dis duur tekkies, gadgets, naelbehandelings en lash-afsprake, aande uit met duur bottels drank by klubs … En wanneer 'n werkkontrak eindig, is daar nie 'n sent gespaar nie, en in geen nuwe vaardighede belê nie, en die pad na permanente werk lyk meer duister.
“Michaela en haar ma, my dogter, woon by my, en ek probeer om nie in te meng nie omdat dit…