Die skoonheidsbedryf in Suid-Afrika sal vanjaar R83,7 miljard ($4,5 bn) laat inrol. En daar word ’n jaarlikse groei van 4% verwag, berig data- en statistiekkenners. Twee jong vroue van Atlantis naby Kaapstad werk hard om húl deel van dié beauty pie tot in die stratosfeer te neem.
Hulle het hul kragte en vaardighede met grimering, naels en hare saamgevoeg in werksessies wat hulle vir vroue in die gemeenskap aanbied om hulle te bemagtig met kennis oor haar-, nael- en grimeringtuisversorging. Só spaar die vroue tyd en geld, sê Jorgina Heugh (32), eienaar van Adore Her by G, en Rejean Booysen (28), eienaar van Glitter Hair & Make-up.
Jorgina se lashes het al ’n paar bekendes, soos die sangeres Salome en Elwira Standili van Koortjies-faam se ogies tot op die TV…
