WARE LEWENSDRAMA Ons almal ken daai gesegde: As dit te goed klink om waar te wees, dan ís dit tien teen een die geval. En geld wat magically verdubbel terwyl ‘n traditional healer, oftewel ‘n sangoma, glo daaroor wag hou – of sommer verdriedubbel sodra daardie sogenaamde sangoma dit kamtig in ‘n“spesiale fonds” sit – dít moet die gevaarligte laat flikker.
Hieroor moet jy mooi dink, anders val jy vir scams wat jou duisende of selfs miljoene rande kan kos.
Twee oumas van Grassy Park op die Kaapse Vlakte het in November laas jaar hul pensioengeld – hul enigste inkomste – verloor toe hulle beleggingsadvies by ‘n sogenaamde sangoma gesoek het.
Die oumas, wie se name nie bekend is nie, het saam R2 miljoen verloor, word daar berig. In albei…