Die verkoop van Eskom-kragstasies sal keer dat dorpe en gemeenskappe waar kragstasies geleë is, sterf, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Ramaphosa het hom Dinsdag openlik uitgelaat oor die verkoop van kragstasies aan private maatskappye toe hy uitgevra is oor die aandrang van Tito Mboweni, minister van finansies, dat private pensioenfondse ook help om Eskom se skuldlas te verlig en dat hulle “ekwiteit” (aandele) in Eskom verkry.
“Eskom se transmissienetwerk sal in staatsbesit bly omdat dit ’n strategiese bate is, maar in die toekomstige opwekkingsafdeling sal daar ’n hele aantal spelers wees, ook private rolspelers. Dit word selfs in die meeste kommunistiese lande soos China gedoen,” het Ramaphosa gesê.
Meer private kragopwekkers sal mededinging aanmoedig, sodat verbruikers nie uitgelewer is aan ’n enkele kragopwekker nie, het hy gesê.
“Indringende gesprekke word op…