As weggooigoed kon praat, sou dit kon vertel hoe Covid-19 die landsekonomie sedert die begin van die inperking gekasty het.
Só sê Dirk van Niekerk, uitvoerende hoof van The Waste Group.
Dié groep spesialiseer in afval-en-herwinningsbestuur in die nywerheids- en mynbousektor, konstruksiebedryf, handel en huishoudings.
Toe die grendel op 26 Maart toegeknars het, het bou-afval by die groep se stortingsterreine byvoorbeeld opgedroog, sê Van Niekerk. “Dis verskriklik om te dink daardie hele bedryf het heeltemal tot stilstand gekom.”
By myne is die basiese instandhouding steeds gedoen, dus is afval steeds gegenereer. Dit was wel sowat die helfte minder as vantevore.
In nywerheidsgebiede het die afval met tot 40% afgeneem. Dit wat wel op die ashoop beland het, was meestal afkomstig van kosprodusente, verpakking en papierpulpverwerking.
Nietemin, sê Van Niekerk, het…