HANDWERK & LEEFSTYL
Chinese knotting – Cao Haimei (Betterlink, R380)
Die Chinese knoopkuns is ’n prettige en verbasend eenvoudige handwerkvorm wat deur jonk en oud beoefen kan word. Die knope het ’n ryk geskiedenis van praktiese én dekoratiewe gebruike, maar deesdae word dit ook vir modes, juweliersware, dekor en kontemporêre kuns ingespan. Leer die 11 basiese knope en gebruik dit in die projekte wat van moeilik tot maklik wissel. Gedetailleerde aanwysings word verskaf.
Craft your stash – Lisa Fulmer (Design Originals, R263)
As jy lief is vir handwerk, sal jy ewe lief wees vir handwerkgoed. Die kans is goed dat jy die allermooiste lap, papier, stempels, krale, linte, blinkers, verf en alles en nog wat het. Maar as daar nie plek vir ’n muis in jou handwerkkamer is nie, is…