By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Ek vou ’n paar bloesies op wat ek nou al jare lank nie meer dra nie. Pragtig en koel soos hulle is, kan ek myself net nie meer sover kry om so heeltemal mouloos die wêreld in die oë te kyk nie. Pak hulle in hulle ‘gee weg’-sakkie. By die deur staan stiletto’s wat ek met die laaste uitgooi nog as ‘te mooi om uit te gooi’ geklassifiseer het, maar met tyd voel ’n mens minder verknog aan jou ou goed. Dis tyd om te gaan. Daar is nou ander goed waarvoor ek plek moet maak. My eie seisoene verander nes die seisoene daarbuite en ek en my kas pas aan. Jy kan nie vir altyd aan die somer vasklou terwyl jy omring is deur…
In die nou straatjie gee ’n diskrete hek ’n mens toegang tot hierdie eiendom. Soos in vele ander dele van dié historiese dorp is die straat net breed genoeg vir een motor. Die metaalhek is donkergroen geverf – net soos die huis se ewe tradisionele luike – met skarnierdeure wat terugvou om motors toegang te gee en ’n kleiner ingang vir voetgangers wat deel uitmaak van die groter hek. Ná die taamlik beknopte straat en ingang kom die uitsig anderkant die hek as ’n groot verrassing: Om die kant van die huis lê ’n uitgestrekte tuin, ’n lieflike swembad en ’n buiteleefgedeelte wat die oog outomaties trek na die indrukwekkende Tramuntanaberge wat daaragter lê. Dit sorg onmiddellik vir ’n gevoel van rus en kalmte. Oorkant die ruimte reg voor die…
WIT SOOS ’N WOLKIE Wit laat ’n vertrek groter en oper lyk omdat dit lig reflekteer, wat dit ideaal maak vir enige vertrek, maar veral ’n kleiner een. Die internasionale kleurinstituut Pantone se kleur van die jaar is juis ’n skakering van wit met liggrys en vanielje ondertone genaamd Cloud Dancer. Ons eie Plascon se Cloud White is ’n ewe delikate kleur: nie spierwit nie, maar met ’n romerige ondertoon wat ’n warm, vars voorkoms aan enige vertrek gee. Die bonkige rusbank is oorgetrek in ’n ligte kleur materiaal wat perfek saam met die muurkleur werk. Los kussings en komberse in dieselfde kleurfamilie dra by tot die kalm gevoel, so ook elemente in marmer, gips en keramiek. ’n Ligte houtvloer sorg vir ekstra warmte. Nie almal is so gelukkig om…
My kind sê as haar kinderjare in ons Parys-huis langs die Vaalrivier op ’n klankbaan opgeneem kon word, sou dit ’n mooi lied gewees het. Uit haar kamer kon sy my elke oggend in die kombuis vir my geliefde hond hoor sing: ‘Quinnie, Quinnie-Quinnie-Binnie.’ In haar geheue hoor sy steeds die tortelduiwe se onophoudelike liedjie: ‘Werk HAR-der, werk HAR-der.’ As ek aan daardie huis dink, hoor ek nog die kropmompel van bosduiwe wat onder die stoepdakke nes gemaak het. Tienermaats wat om die kombuistafel kuier, ’n getokkel op die klavier en die singende Speed Queenwasmasjien met haar ewige vol maag. Ek mis steeds die gedruis van die stroomversnellings van die Vaalrivier wat jy nanag in jou bed kon hoor. Sag in die winter, en druisend as die Vaaldam se sluise…
MUURKUNS IN HOEPELS JY BENODIG ♥ linne- of katoenmateriaal ♥ blare en/of takkies vir die drukwerk ♥ akriel- of materiaalverf ♥ spons of roller ♥ ’n vel papier ♥ borduurring ♥ borduurgare en -naald SO MAAK JY 1 Knip ’n sirkel uit jou materiaal met ’n paar sentimeter ekstra wat op die grootte van die borduurring pas. 2 Rangskik die blare en/of takkies op die materiaal en besluit op jou ontwerp. 3 Lig elke blaar of takkie op en verf ’n lagie verf oor met ’n spons of roller. Lê elke stukkie terug op die materiaal neer met die geverfde kant na onder. Wanneer jy klaar is met die ontwerp, bedek alles met papier en pars dit sodat dit ’n afdruk op die materiaal laat. Verwyder die plantmateriaal. 4 Sit…
LOS STOEL-OORTREKSEL MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld tot meer gevorderd TYD: 1-2 dae JY BENODIG ♥ materiaal van jou keuse ♥ bypassende gare ♥ naald ♥ groot velle papier en ’n potlood SO MAAK JY 1 Gebruik die velle papier en maak ’n patroon vir elke deel van die stoel (voorkant, rugleuning, armleunings, sitplek, ens.). Ons het bloot papier teen die stoel gesit en die buitelyn afgetrek van die gedeelte waarvoor ons die patroon gemaak het. 2 Knip die patroondele uit en trek dit dan op jou materiaal oor. Wanneer die materiaal uitgeknip word, onthou om 2 cm vir naattoelatings by te tel. 3 Werk die verskillende dele van die oortreksel met die hand aan mekaar vas. Begin met die voorkant en rugleuning, dan die armleunings en beweeg af na die sitplek en…