Van so ver as Kanada, Nieu-Seeland, Australië, Hongkong, Swede, Afganistan, Paraguay, Nederland en Taiwan het mense gisteraand ’n Afrikaanse musiekkonsert in Pretoria “bygewoon”.
Hoe hard die meer as 30 000 mense in 65 lande hande geklap het, sal die kunstenaars nie weet nie, want die Atterbury-teater was dolleeg. Weens die gevaar van Covid-19 is die gratis aanlyn konsert sonder ’n gehoor gehou.
Amanda Strydom, Theuns Jordaan, Jannie Moolman, Jak de Priester, Johrné van Huyssteen, Ricus Nel, Kevin Leo en Ruhan du Toit was op die verhoog.
Corlea Botha sou ook daar gewees het, maar sy het vroegmiddag laat weet sy voel koorsig. Daarom was sy bang om tussen die ander sangers te wees, maar sy was darem gereed om haar liedjies op Skype te sing.
Die sangers het elk al…