John Steenhuisen, tussentydse DAleier, gaan dié week ’n strafregtelike klag teen die polisie aanhangig maak nadat polisiebeamptes Woensdag gekeer het dat hy vir die begrotingsrede by die parlement ingaan.
’n Sigbaar ontstelde Steenhuisen het die Nasionale Vergadering (NV) eers binnegekom ’n paar minute nadat Tito Mboweni, minister van finansies, met sy toespraak begin het. Volgens Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, het polisiebeamptes Steenhuisen voorgekeer en daarop aangedring om sy ID te sien.
Mazzone het Thandi Modise, die speaker, gevra om die voorval te ondersoek omdat dit ’n oortreding van die Wet op Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteite van parlemente en provinsiale wetgewers is. Dit bepaal ’n LP mag nie verhoed of belemmer word om ’n sitting van die NV of ’n portefeuljekomitee by te woon nie.
Toe LP’s die NV verlaat, het Steenhuisen…