Teen die einde van 2018 het 30 000 mense in Facebook se afdeling vir “veiligheid en sekuriteit” gewerk. Hul dagtaak? Om na plasings te kyk wat deur ander gebruikers beskou word as aanstootlik, en dan te besluit of dit Face-book se “gemeenskapsriglyne” oortree.
Facebook sê dat hy met die reëls die wêreld ’n meer inklusiewe plek maak deur die taal te verbied wat in geen ordentlike voorhuis geduld sal word nie.
Enige taal wat mense teiken op grond van “beskermde gronde” is verbode. Dit sluit in ras, etnisiteit, godsdiens, seksuele oriëntasie, geslag, gender, gender-identiteit en gestremdheid. Enige plasings wat immigrasie-beleid bevraagteken, is taboe, net soos alle verwysings wat iemand se intellek bevraagteken deur byvoorbeeld na hulle te verwys as “dom” of “ongeletterd”. Gebruikers moet hulle ook weerhou van enigiets wat…