Eerskomende naweek, van 29 November tot 1 Desember, bied die afslaer Old Johannesburg Warehouse sy grootste veiling van die jaar aan – ’n driedagveiling wat Swart Vrydag die skrik op die lyf sal jaag.
Byna elke kategorie onder die son word ingesluit met sowat 2 000 lotte wat aangebied word. Dit is ’n ideale kans om Kersinkopies af te handel.
Dit begin Vrydag om 13:00 met onder meer 150 lotte spesiale rooiwyn (insluitend Meerlust, Rubicon, Rust & Vrede, en La Motte), spitsjaar-port (’n beperkte vrystelling van 1948 KWV), fyn konjak, whisky en sjampanje (soos Veuve Cliquot en Dom Perignon).
Saterdag om 09:00 is meubels, glas, keramiek en silwer te kry, asook ’n seldsame tandartskabinet, stinkhouttafel, argitekslaaikas en ’n groot versameling piouter-items. Om 15:00 kom outomobilia aan die beurt, met rygoed…