Sedert haar eersteling se geboorte twee jaar gelede tot Junie vanjaar het alles in Yolani Abrahams (33) se lewe basies net gedraai rondom haar en haar man, Anwar Abdullatief (42), se kleinman, Aadam.
Dié TV-aanbieder en fyngebak-sjef het die kollig gegroet en vir byna twee jaar in haar mamma-slippers geklim. “Vir sowat 23 maande lank was dit net ek en hy tuis bedags. Hy het net borsmelk gedrink en ek was regtigwaar die all-consumed mamma, 24-7. Hier en daar het ek ‘n klein bietjie admin gedoen, maar die hoofsaak was Aadam.”
Yolani en Anwar, self ‘n bekroonde fine dining-sjef, is in 2021 getroud. Anwar het in 2023 die Eat Out Valpré Rising Startoekenning opgeraap as mede-eienaar van hul restaurant, The Happy Uncles, in Soutrivier. Hier bederf hulle kliënte met sy…