MARKTE
• Century City Natural Goods Night Market
Dié mark word op 26 Augustus (en op die laaste Vrydag van elke maand) tussen 4 nm. en 9 nm. gehou by die Intaka Island Eco-Centre by Century City in Kaapstad. Maak ’n draai vir fynproewerskos, glühwein, boetiekbier, musiek en sitplek in tente. • Besoek facebook.com/CenturyCityNaturalGoodsMarket/ vir meer inligting.
• Market @ 84
Koop teddies, serpe, leergoedere, juweliersware en klere by 84 On Main, Walkerville, Gauteng. Die mark word elke Saterdag van 9 vm. tot 2nm. gehou. Daar is ook vars produkte, fyngebak, samoesas, kerrie en boereworsrolle te koop. Die mark het ’n tuinafdeling en speelplek vir die kinders. • Bel Ariel by 078 223 9238 vir inligting, of stuur e-pos na marketat84@gmail.com.
Gauteng
6 Augustus Die Teddy Bear Fair word van…