Die voormalige Olimpiese hekkiesatleet LJ van Zyl het die afgelope week voor sy hoogste hekkie tot nog toe te staan gekom. Sy pa en vertroueling, Japie (62), is Maandagoggend dood nadat ’n breingewas onlangs by hom gediagnoseer is.
“Dis vir ons almal ’n groot skok,” sê Van Zyl. “Hoewel ek nou al uitgetree het as atleet, het elke atleet een ou wat jy eerste bel ná ’n wedloop. Maak nie saak of dit goed of sleg gegaan het nie. My pa was daardie ou.”
Sy pa en ma, Martie, het nog die naweek voordat die inperking begin het by LJ, sy vrou, Irvette, en hul seuns, Louis (5) en Gideon (2), in Pretoria gekuier.
“My pa was ’n wolboer sedert hy 23 jaar oud was op Molteno in die Oos-Kaap…