Verlede jaar se Woonwakoopgids was die eerste van sy soort en die omvattendste gids van woonwaens* wat in Suid-Afrika vervaardig word. Die landskap verander egter só vinnig, dat daar in vanjaar se gids meer as 40 nuwe modelle te sien is.
Die plaaslike woonwavervaardigers laat beslis nie gras onder hulle voete groei nie en afgesien van die nuwe modelle, is van die waens ook opgedateer. Met hierdie gids is jou vertoonvenster op wat tans in die land beskikbaar is, so op datum as kan kom.
Die pryse in die gids geld vir daardie spesifieke wa se standaardmodel. Hou egter ook in gedagte dat wabouers modelle nie ewe volledig toerus nie. Gebruik dit dus as ’n aanduiding van die minimumprys, voor enige ekstras bykom. Die pryse sluit wel BTW in, maar…
