MY 21 KAAL DAE IN DIE BOENDOES
SOOS ’n hedendaagse Adam het hy kaalbas sy wildvreemde Eva tegemoetgestap. Skamerig het hulle mekaar ’n ongemaklike drukkie gegee. Toe het hulle saam die “paradys” begin verken – ’n reënwoud vol groot katte, slange en hordes insekte. Om sonder hulpmiddele 21 dae lank in sulke omstandighede te oorleef sit nie in enigiemand se broek nie – veral nie as daardie einste broek én al jou ander klere moes waai nie. Maar Viktor Kuhn van Centurion (49) en sy mededeelnemer aan die werklikheidsreeks Naked and Afraid, die Amerikaner Janis Holcombe (37), is duidelik nie sommer enigiemand nie. Want 21 dae later het hulle vuil, verswak en honger, dog triomfantelik uit daardie reënwoud in Guyana in Suid-Amerika gestap. Viktor is die vierde Suid-Afrikaanse deelnemer aan dié oorlewingsreeks. Net hy en Warrick Harvey, ’n boogjagter van Oos-Londen…