BLOMTYD VIR KARLIEN
TOE sy 15 jaar gelede die eerste keer op Huisgenoot se voorblad verskyn het, was Karlien van Jaarsveld nog net-net bekend as Bobby se ousus, agtergrondsangeres en kitaarspeler, en as lid van die rockgroep Revolusie. Kort daarna het alles verander. Dit was 2008 toe Karlien besluit het om haar eie weg as solosangeres te begin baan – nog ’n mooi, talentvolle vrou met ’n goue stem en groot drome. En toe klim haar loopbaan en haar lewe op die vinnige baan. Die jare sedertdien was ’n snelweg na sukses. Haar albums het treffers geword, sy het die dansreeks Strictly Come Dancing gewen, en sy was saam met boet Bobby te sien in hul eie werklikheidsreeks, In jou skoe ne. Sy is getroud met en geskei van die oudrugbyspeler Derick Hougaard, en daarna…