Die Proteas gaan die toetsreeks teen Engeland sonder ân direkteur van krieket betree, want ânooit in ân miljoen jaarâ sal daardie pos vanjaar al gevul word nie, het ân bron in die binnekringe van SA krieket vandeesweek aan Rapport gesĂȘ.
DĂt is slegs een van tientalle kwessies by Krieket Suid-Afrika (KSA) wat die spelersvereniging, Saca, bekommer.
Tony Irish, Saca se uitvoerende hoof, is byvoorbeeld stomgeslaan oor Thamie Mthembu, woordvoerder van KSA, se opmerking vandeesweek dat âgeen leser belang stel in wie die Suid-Afrikaanse span kies nieâ.
DĂt was Mthembu se antwoord toe ân joernalis gevra het wie waarneem as die keurkomitee, siende dat die posisie van hoofkeurder ook nog, nes die direkteurspos, nie gevul is nie.
âDit is onaanvaarbaar, vir die spelers en ondersteuners, om nie te weet wie dieâŠ