ZINIO UNLIMITED logo

TV Plus Afrikaans

21 Oct 2021

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
$9.99 per month after trial

in this issue

1 min
van lucia

Ons lewe in ’n wêreld waarin ons onmiddellik vergoed wil word – en dis nie altyd sleg nie! Wanneer ek ons blokraaie voltooi, doen ek my bes om dit sonder hulp te doen, maar ek hou daarvan dat die antwoorde beskikbaar is! En met die aanlyn woordspeletjies en blokraaie wat ál gewilder word, het ons besluit ons gaan julle nie langer op die antwoorde laat wag nie. Jy hoef nie ou tydskrifte op te gaar om daardie een woord in te vul nie! Vanaf die volgende uitgawe gaan ons die antwoorde in dieselfde uitgawe as die blokraaie en speletjies plaas. Ons gaan ook die laaste paar antwoorde wat jy nie vir die laaste paar uitgawes gekry het nie, inhaal. Moet dus nie die volgende uitgawe misloop nie. Ons gaan dus…

tvplusafri211021_article_003_01_01
4 min
moenie mis nie

Woensdag RAM VIR ’N RUS NUWE REEKS! Seisoen 1 VIA (*147) 20:00 Episode 1 (realiteit) 20 Oktober In dié maatsoekreeks kry vier SA mans die kans om die vrou van hul drome te ontmoet met behulp van ’n agentskap. Twaalf Russiese vroue op soek na liefde word aan die mans by ’n eksklusiewe lodge voorgestel, en dalk vind hulle ware liefde. • Lees meer in die volgende uitgawe. THE BEASTS OF HALLOWEEN Spesiale program Curiosity Channel (*185) 20:00 (dokkie) 27 Oktober Wat maak diere perfek vir sekere Halloween-bygelowe en tradisies reg oor die wêreld? Sommige is eenvoudig net spookagtig – soos swart katte vir hekse, wilde honde en vlermuise vir vormveranderende weerwolwe en vampiere, bokke vir die duiwel, en spinnekoppe, want hulle is bloot grillerig . . . Donderdag WAT IS WAARHEID? NUWE REEKS! Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Episode 1…

tvplusafri211021_article_004_01_01
1 min
agter die skerms

IN THE DARK Seisoen 3 M-Net (*101) 21:30 Episode 1 (drama) Sa. 30 Oktober Die 20-plusser Murphy Mason (Perry Mattfield) skuif haar situasie as ’n blinde vrou opsy in seisoen 3 van die donker dramediereeks In The Dark, wanneer sy ál nader kom aan die persoon na wie sy sedert seisoen 1 soek. Haar bestie Tyson (Thamela Mpumlwana), wat ook haar dwelmhandelaar was, is vermoor en die soektog na die moordenaar het daartoe gelei dat Murphy en haar geliefde gidshond, Pretzel, vir die polisie moes vlug wanneer hulle skuldig laat lyk is aan die moord op ’n dwelmsmous Nia (Nicki Micheaux). “Sy kan letterlik nie sien wat kom nie – en nou moet sy vlug? Murphy is baie ongelukkig,” sê Perry, wat nie regtig blind is nie. Seisoen 3 gaan meer komedie voeg…

tvplusafri211021_article_005_01_01
1 min
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonder-like Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min
dít kyk ons nou

Naam: Genevieve Terblanche. Pos: Senior skrywer wat kan sien hoe Desember soos Godzilla op ons afstorm. Ek kyk nou: Seisoen 1 van die nuwe Suid-Koreaanse distopiese dramareeks The Squid Game op Netflix. My mening oor die reeks: ’n Meesterbrein maak ’n onweerstaanbare aanbod aan 456 mense (ons fokus op ’n paar karakters), wie se lewe desperaat geword het weens armoede, uitbuiting en politieke omstandighede: Hulle moet in ses tradisionele kinderspeletjies meeding. Indien jy wen, hoef jy jou nooit weer oor geld te bekommer nie. Indien jy verloor, sal jy jou ook nie meer oor geld hoef te bekommer nie, want jy sal dood wees – vermoor deur gemaskerde figure wat die spele dophou. Aanvanklik is dit moeilik, want die hoofkarakter is so ’n verloorder, maar die oomblik wat hy deur die speletjie gewerf…

tvplusafri211021_article_006_01_02
1 min
kyk ook

Dis nie net nuwe uitreikings wat ons na stroomplatforms laat stormloop nie. Daar is ook programme wat jy nie durf misloop nie, maar dalk nie van weet nie. Daar is talle fassinerende sienings oor die Covid-19-pandemie. Hier is ’n paar . . . • Borat’s American Lockdown & Debunking Borat seisoen 1, komediedokkie, 2021, kyk dit nou op Amazon Prime Video. • COVID Diaries NYC seisoen 1, filmmakers 17-21 jaar oud neem hul ervaring van die pandemie op, 2021, kyk dit nou op Showmax. • The Art Of Survival seisoen 1, Suid-Afrikaanse dokkie oor vermaakkunstenaars se stryd teen die pandemie, 2021, kyk dit nou op Showmax. • Outbreak Onboard Special, dokkie oor die pandemie aanboord van plesiervaarte, 2020, nou op Amazon Prime Video.…