My kunstenaarsvriend Ryno Eksteen stuur die afgelope week vir my ’n uittreksel uit Audrey Blignault se Die rooi granaat:
“Ja sowaar, daar sit sy op die voorstoep, ons ma, van kop tot toon in rooi geklee, luisterryk, statig, ontsagwekkend soos ’n Ou-Testamentiese priesteres. In die loop van die afgelope vyf jaar het sy haar seun verloor, haar man en toe haar skoonseun vir wie sy ook baie lief was. Twee keer was sy self so siek dat die dokters net hul koppe geskud het as ons vra of sy weer sal kan loop. Vier jaar lank woon sy nou al alleen in haar huis, met Kotie, haar getroue metgesel, en Lenie, haar bediende. En nou op die winteroggend wag sy haar kinders op die voorstoep in, aangetrek vir die geleentheid…
