Die gebruik van digitale prosesse en tegnologie gee presisieboerdery by diereproduksie ’n groot hupstoot. Dit verbeter onder meer die gebruik van hulpbronne en die monitering van siektes, en maak naspeurbaarheid en deursigtigheid makliker.
China, Amerika en die Europese Unie word as wêreldleiers beskou wat die gebruik van digitale prosesse en tegnologie in die dierebedryf betref. Dit vat ook gaandeweg in Suid-Afrika pos, veral in die melk-, pluimvee- en varkbedryf.
Mnr. Franz Waxenecker, besturende direkteur van Biomin, het op Afma 2020, ’n internasionale simposium van die vereniging van veevoervervaardigers by Sun City, gesê die digitale revolusie gaan in die toekoms ’n nóg groter impak op landbouproduksie en die gehalte van produkte hê.
Hy het die vordering van presisieboerdery in melkproduksie met studie op universiteit vergelyk. Plaas 1.0 was die dae toe…