Weg Agterpaaie is van 15 Maart af terug op die kassie! Hierdie keer reis Erns Grundling en Toast Coetzer vir meer as 5 000 km deur die ganse Karoo. Hulle begin in die Klein-Karoo, draai in die Oos-Kaap en selfs die Suid-Vrystaat en skop dan stof op tot deur die Groot-Karoo, Bo-Karoo, Koup, Tankwa en Hantam.
Padlangs ontmoet hulle boere en families wat al geslagte lank hier ’n lewe uitkerf, inkommers wat op die platteland hulle vrede (en toekoms) kom soek en van kunstenaars, skrywers en entrepreneurs tot ’n windpompdokter!
Toast en Erns ry perd, doseer volstruise, speel krieket, dans die riel en probeer selfs op ’n plaasdam ski...
Wanneer wys Weg Agterpaaie op Via?
Die reeks begin op Woensdag 15 Maart om 8 nm.op Via (kanaal 147 op DStv).…