Die ergste was om vir Xander saam met sy ouers in die hof te sien. Ek kon dit nie hanteer dat Xander se ouers aan hom kon raak, aan hom kon vat, druk en met hom kon gesels terwyl my eie kind van my af weggevat is nie. Die skuldigbevinding van Xander Bylsma, die jong man wat haar “spontane, liefdevolle” dogter vermoor het, bring geen berusting nie, want dit gaan nie haar kind terugbring nie.
“Ek is bly hy is skuldig bevind, maar dit gee vir my geen berusting nie. Dit gaan nie vir Lallie aan my terugbesorg nie,” het Sonja Hough, ma van die vermoorde Sharnelle, die afgelope week gesê.
“Ek is tevrede dat geregtigheid geskied het, maar ek sal nooit vrede kan maak met die verskriklike manier waarop…