Mark Twain het gesê mens kry die idee dat Mauritius eerste gemaak is en toe die hemel en dat die hemel soos Mauritius lyk.
Ja, die woorde “spierwit strande, kristalhelder water, skemerkelkies terwyl die son sak” klink dalk soos ’n cliché, maar hierdie woorde herroep presies wat jy op Mauritius ervaar.
Ek was ’n gas van Club Med op Mauritius en die bonus as mens na een van hul oorde gaan, is dat omtrent als by jou pakket ingesluit is. Jy kan eintlik jou beursie by die huis los (maar moet wel nie!). Van die vlugte na Mauritius, die vervoer van die lughawe na die oord, al jou etes (ontbyt, middagete, aandete, versnaperings), drankies (sekere duur drankies is vir jou eie rekening, maar dis net die regtig baie duur drank),…
