1 Wanneer jy spinasie gaarmaak, verhoog jy die voedingswaarde daarvan.
2 Spinasie is laag in koolhidrate, maar hoog in vesel, wat goed is vir jou spysvertering. Dit bevat ook min kilojoules.
3 Spinasie is ’n goeie bron van vitamiene en minerale. Dit bevat onder meer vitamien A, C en K, foliensuur, yster en kalsium.
4 Spinasie kan ooggesondheid verbeter, en help om kanker te beveg en bloeddruk te reguleer.
5 Spinasie se oorsprong is glo antieke Persië, vandag Iran. Van hier het dit na Indië gereis en volgens geskrifte het dit China teen die 7de eeu bereik en Spanje in die 12de eeu, waarna dit oor die volgende twee eeue in Duitsland, Engeland en Frankryk bekend geraak het.
Bronne: healthline.com, vegetablefacts.net…
