KOM WEER AAN DIE DRAF
As jy jare laas jou drafskoene aangetrek het en graag weer aan die gang wil kom, is dit noodsaaklik om eers ‘n stewige grondslag te bou voordat jy weer begin. Hardloop vereis krag, stabiliteit en uithouvermoë, veral in jou onderlyf en kern. Jason Dunning van Nutritional Performance Labs deel vyf belangrike oefeninge om jou te help om die nodige krag en stabiliteit te herwin, wat ‘n gladde en beseringsvrye oorgang na hardloop sal verseker.
1 | Split squats (hurksitte), die Bulgaarse styl of die gewone, is hoe jy krag en balans in jou onderlyf kry. Hierdie oefening boots die enkelbeen-aksie van hardloop na, wat jou kwadriseps, dyspiere en boudspiere versterk. Bulgaarse split squats, met die agtervoet opgelig, voeg intensiteit by, terwyl gewone split squats of…