Sy dink die meeste van ons is sedert die Covid 19-pandemie meer introvert as vantevore, sê Helen Nicholson, die spreker, skrywer en hoof- uitvoerende beampte en stigter van The Networking Company. "Mense is minder geneë om werksgeleenthede in persoon by te woon en is meer in hulself gekeer."
Helen se jongste boek, Networking for Introverts (TNCo, 2024), bied prikkelende insigte in aspekte van die introvert-ambivert-ekstrovertspektrum. Sy bespreek onder meer wanopvattings oor introversie, hoe die breine van intro- en ekstroverte verskil, introverte se "supereienskappe" en die Relevansiekwosiënt-begrip. Ongeag of jy 'n intro-, ambi- of ekstrovert is, kan jy aha-oomblikke verwag!
"Die algemene opvatting dat introverte stiller en kreatiewer is, en ekstroverte meer luidrugtig, charismaties en oorredend, is beperkend," meen Helen.
"Ons lê almal op 'n kontinuum waar ons omstandighede ook 'n…