Madagaskar, ân eiland in die Indiese Oseaan, het meer as 160 miljoen jaar gelede tydens die verbrokkeling van die superkontinent Gondwanaland verwyderd geraak van Afrika. SĂł in isolasie het die fauna en flora totaal uniek ontwikkel.
Op Madagaskar is geen giftige slange nie, die grootste en kleinste verkleurmannetjies wat bestaan kom hier voor, daar groei ses van die wĂȘreld se agt kremetartspesies, en die eiland se wĂȘreldberoemde primate, die vosape of lemurs, is endemies in Madagaskar. Boonop is daar nog die tsingy, die vlieĂ«nde vosse, vleisvretende blomme, ruggraatagtige plante . . .
Alles is vreemd
Om te reis is altyd ân ontdekkingstog. Jy beleef nuwe dinge, ontmoet mense, sien ander landskappe en soms vreemde die-re en plante, ervaar eiesoortige kulture en godsdienste, proe ân ander cuisine. Maar op meeste plekkeâŠ