Dit gaan onmoontlik wees om vanjaar die eiendomsklousule in die Grondwet te wysig en vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak.
Die ad hoc-komitee wat die wysiging moet opstel, het Vrydag amptelik ontbind sonder dat hy sy werk kon klaarmaak.
Die komitee, onder voorsitterskap van dr. Mathole Motshekga, moes voor einde Mei ’n nuwe voorgestelde weergawe van art. 25 van die Grondwet aan die parlement voorlê, maar kon dit weens die Covid-19-krisis nie doen nie.
En met sprake dat die munisipale verkiesing wat aanstaande jaar moet plaasvind, dalk ook uitgestel sal moet word weens die pandemie, het die dringendheid van die wysiging soos mis voor die son verdwyn.
‘Die hele proses was ’n verkiesingsfoefie.’ Die komitee sou Woensdag op die eerste virtuele sitting van die Nasionale Vergadering vra dat sy…