Sowat 2,7 miljoen Suid-Afrikaners ouer as 15 jaar was in 2018 by vrywillige werk van een of ander aard betrokke, vergeleke met 1,3 miljoen in 2010.
Met ’n bevolking van 41 miljoen mense van 15 jaar en ouer, beteken dit net 6,7% is betrokke by vrywillige werk, wys syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) se 2018-opname oor vrywillige aktiwiteit in die ekonomie.
’n Vrywilliger is iemand wat uit vrye wil help deur hul tyd, dienste of vaardighede regstreeks of deur ’n maatskappy aan te bied, sonder enige betaling.
Hoewel die getal vrywilligers toegeneem het, het die gemiddelde aantal uur per jaar afgeneem wat aan vrywillige werk bestee is, sê SSA.
Die totale getal ure wat vrywilligers afgestaan het, het afgeneem van 321 000 in 2010, tot 277 000 in 2014 en…