D it is nie net Jacob Zuma wat moet rekenskap gee vir sy rol in staatskaping nie, ook bankiers en ouditeurs wat Zuma en die Guptas se vuilwerk gedoen het, moet gedagvaar word, sê Andrew Feinstein, oud-ANC-LP, en Hennie van Vuuren, wat hulle beywer om skurke vas te trek.
Feinstein en Van Vuuren se organisasies, Open Secrets en Shadow World Investigations, het die afgelope week ’n omvattende navorsingsverslag oor die instaatstellers (enablers) van staatskaping aan regter Raymond Zondo oorhandig.
Dit lees soos ’n internasionale politieke riller en betrek onder meer HSBC, Europa se grootste bank, Nedbank, Standard Bank, Bank of Baroda en First National Bank (FNB), asook die konsultantegroep McKinsey, die ouditeursfirma KPMG, en die Gupta-verwante Regiments Capital.
“As die Zondo-kommissie se hofaansoek vir die verlenging van sy spertyd slaag,…
