Uitstekende diere is te koop aangebied op die vierde jaarlikse Southern Berg Pure Breed-produksieveiling wat op 19 Julie op Underberg, KwaZulu-Natal, gehou is. Daar was ’n sterk vraag na topbulle en bulle wat goeie waarde vir geld bied.
Tagtig bulle van uitstekende gehalte is aangebied deur die verkopers, Brett Newborn (Intsizwe Simmentalers, Matatiele), Bruce Taylor (Garrisford Simmentalers, Underberg), Peter Lourens (Malina Herefords, Kokstad), Dave Lourens (Foleshill Angus, Cedarville), Tracey Mapstone (ENM Brahmans, Underberg) en Tim Hempson (Southern Berg Brahmans, Underberg).
Intsizwe Simmentalers het die hoogste prys van die dag behaal met die bul MN21168 (lot 30) wat vir R250 000 aan Ed Barry van Four Feet Simmentalers, Dalton, en Koos Kooy van Oggendstond Simmentalers, Mooirivier, verkoop is.
Garrisford Simmentalers het die bul T21102 (lot 41A) te koop aangebied. Die volle…