Boere was uitnemende jagters. Daarvoor het hulle wapens nodig gehad en dié wapens is presies benoem: Bobbejaanhout, doppiesgeweer, haangeweer, poene (of poenskoproer), benewens die bekende agter-en voorlaaier en sanna. Ook die geweer se dele het hul name gekry: Laaistok, korrel, slagveer, sneller en vuursteen. En die vuurgoed se benamings: Donshael, kruit, kruithoring, pluksel en skroot.
Maar dan kom die skiet self, wat benoem word met onder meer raakskoot, skramsskoot, knapskoot (deur die kop), onder die lood steek, blindeskoot, bladskoot, kopskoot, fynkorrel vat en bolmakiesieskoot. Wilde diere het besonderse name gekry: Poenskop-olifant (een wat nie ivoortande het nie), bontpootleeu, kolhaas, vlakhaas, groenduif, bosduif, kransduif, vaalpou, gompou, duinepou en basterwildebees.
VINDINGRYKHEID
In Ons Klyntjie het ds. S.J. du Toit gewys op die vindingrykheid wat Afrikaans kenmerk: “Laat die Hollander sowel as die…